Tronkstraf vir voormalige polisievrou ná suur-aanval op lewensmaat

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Courtney Badrodien Madella (30), ‘n voormalige polisiebeampte, wat Nomalungelo Khumala, haar lewensmaat, met suur aangeval het, is deur die Johannesburg-hooggeregshof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Phindi Mjonondwane, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die hof het gehoor dat Madella op 27 Februarie 2023 saam met die oorledene en ‘n vriend ná ‘n partytjie teruggekeer het. ’n Rusie het ontstaan waartydens sy suur op Khumalo gegooi het, wat ernstige brandwonde veroorsaak het. Die vriend, wat op ’n rusbank daar naby geslaap het, is ook beseer. Khumalo is op 3 Maart 2023 aan komplikasies van die brandwonde dood. Die ondersoek het getoon dat Madella van die houer waarin die suur was en die rusbank probeer ontslae raak het om die misdaad te verdoesel. Sy is later in hegtenis geneem, nadat ‘n lasbrief uitgereik is.

Rachel Kau, senior staatsadvokaat, het aangevoer dat Madella die aggressor was en het die oorledene se moeder oor die impak van die aanval as getuie geroep. Die verdediging se versoek vir ’n 5-jaar vonnis onder korrektiewe toesig is weens die erns van die misdaad deur die hof van die hand gewys.

Madella is tot 15 jaar tronkstraf vir moord en ’n verdere vyf jaar vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, gevonnis. Die vonnisse sal opeenvolgend uitgedien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief