Trump bevestig ajatolla Ali Khamenei se dood

Lees ook :

Foto: IBT Times

VSA – Staatsmedia het bevestig dat Iran se opperleier, ajatolla Ali Khamenei (86), tydens die VSA-Israelitiese lugaanvalle dood is. Khamenei was in sy kantoor ten tye van die aanval.

Luidens ’n berig deur BBC News kom sy dood ná ’n gesamentlike lugaanval deur die VSA en Israel, wat  Iran se militêre en kernverwante fasiliteite geteiken het. Khamenei is sedert 1989 Iran se opperleier.

Lees ook: VSA en Israel val Iran aan

In sy verklaring het president Trump Khamenei beskryf as “een van die boosste mense in die geskiedenis” en Irannese aangemoedig om “hul land terug te neem.”  ’n Plaaslike inwoner het aan BBC Persian gesê Khamenei se dood beteken dat die “wêreld nou ’n beter plek geword het.”

Sy dood is vroeg Sondag ook deur Iran se staatsmedia bevestig en is met gemengde gevoelens begroet. Daar is vieringe in verskeie stede, terwyl ander in die strate rou.

Onsekerheid heers oor wie hom as opperleier sal opvolg. Luidens die BBC verteenwoordig Khamenei se dood ‘n groot keerpunt in Iran se politieke leierskap.

Spanning in die Midde-Ooste het verder toegeneem nadat Iran met missiel- en hommeltuigaanvalle op Israel en Amerikaanse basisse in die streek gereageer het.

Sien ook: Iran fires missiles after US and Israel attacks kill Ayatollah Ali Khamenei

https://www.bing.com

Bronne: BBC News en Associated Press Reporters

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief