VSA. – Donald Trump het Woensdag onverwags aangekondig hy gaan die instel van sy tariefplan met 90 dae uitstel en het tariewe op die meeste van Amerika se handelsvennote tot 10% verlaag.
Lees ook: Trump se tariewe vandag ingestel, insluitend 104%-tarief op China
Hy het terselfdertyd die tariefkoers vir China met onmiddellike effek tot 125% verhoog ná China tariewe op Amerikaanse goedere tot 84% verhoog het. In ’n plasing op sosiale media het Trump gesê hy verhoog China se tariewe oor “hulle gebrek aan respek vir wêreldmarkte”.
Trump het gesê hy het die tariewe uitgestel omdat meet as 75 lande al gevra het om oor die verhoogde tariewe te onderhandel en nie vergeldingsaksies teen die VSA ingestel het nie.
Bronne: The Independent, USA Today, CNBC
Lees ook: Trump se tariewe vandag ingestel, insluitend 104%-tarief op China
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





