Lees ook: Elon Musk nou deel van Donald Trump se kabinet
Donald Trump het die medestigter en voormalige uitvoerende hoof van World Wrestling Entertainment (WWE), Linda McMahon, gekies om die onderwysdepartement te lei.
McMahon het die klein besigheidadministrasie tydens Trump se eerste presidentskap hanteer en het miljoene aan sy presidensiële veldtog geskenk. Trump het die Amerikaanse departement van onderwys gekritiseer en het belowe om dit te sluit, ‘n taak wat McMahon moontlik gaan moet uitvoer.
McMahon en haar man is verlede maand daarvan beskuldig dat hulle die mishandeling van jong seuns deur ‘n aankondiger by WWE toegelaat het. Hulle het die aanklagtes ontken.
‘n Voormalige chirurg, Mehmet Oz, op televisie bekend as Dr. Oz, is deur Trump gekies om die Centres for Medicare en Medicaid Services (CMS), program vir openbare gesondheidsversekering, te bestuur.
Oz is al gekritiseer vir sy gesondheidsadvies insluitend die voorstel om malariamedisyne vir Covid-19 te gebruik.
Bronne: BBC, The Star, The Economic Times





