INTERNASIONAAL. – Donald Trump, president van die VSA, het ‘n nuwe bevel teen Suid-Afrika onderteken.
Volgens die bevel wat deur AfriForum op sosiale media gedeel is, sny Trump finansiële hulp en bystand aan Suid-Afrika af en beveel ook humanitêre hulp vir die hervestiging van Afrikaner-vlugtelinge wat die slagoffers van “onregverdige rasdiskriminasie” is. Die bevel deur Trump is in reaksie oor pres. Cyril Ramaphosa se ondertekening van die onteieningswet.
AfriForum en Solidariteit gaan om 13:00 ‘n lewendige mediakonferensie hou, wat hier gekyk kan word.
Lees die bevel hier onder:

“Solidariteit Beweging, AfriForum en Solidariteit hou vanmiddag 13:00 ’n mediakonferensie oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitvoerende bevel rakende die posisie van Afrikaners in Suid-Afrika, asook oor befondsing aan Suid-Afrika. Hou ons sosiale media dop vir meer inligting .”





