Trump stel tariewe in teen Kanada, China en Mexico – besluit gekritiseer

Lees ook :

Trump stel tariewe in teen Kanada, China en Mexico, besluit gekritiseer fotokrediet: Canva

Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar

WASHINGTON, VSA.- Die Amerikaanse president Donald Trump het oor die naweek tariewe teen Kanada, China en Mexico ingestel.

Die drie lande het die besluit gekritiseer en gesê hulle gaan vergeldende stappe teen die VSA neem. Kanada en Mexico is van plan om tariewe op Amerikaanse produkte in te stel. China het gesê dit gaan ’n hofsaak by die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) aanhangig maak en die “nodige stappe neem”.

Trump het ’n 25%-tarief op goedere van Mexico en Kanada ingestel, behalwe op Kanadese energieprodukte, waarop ’n 10%-tarief ingestel is. Op goedere vanaf China geld ‘n 10%-tarief.

Volgens Trump word die tariewe ter beskerming van Amerikaners ingestel. Hy het gesê Amerika moet beskerm word teen die invloei van “dodelike dwelms” soos fentaniel, asook ongedokumenteerde immigrante.

Bronne: NBC News, CNN, Sky News

Lees ook: Donald Trump dreig Brics-lande met 100% tariewe oor VSA-dollar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief