VSA. – President Donald Trump het beveel dat die Amerikaanse vlag tot sononder op 1 September halfmas gehang word ter ere van die country-musieklegende Dolly Parton.
Volgens die Withuis se proklamasie geld die bevel vir die Withuis, alle openbare geboue en terreine, militêre poste, vlootstasies en skepe van die Amerikaanse federale regering in die Verenigde State en sy gebiede. Dit geld ook vir Amerikaanse ambassades, konsulate en ander Amerikaanse fasiliteite in die buiteland. Trump het op Truth Social hulde aan Parton gebring en haar beskryf as een van die grootste country-sangers ooit. Hy het haar dood as ’n groot verlies vir miljoene mense beskryf.
In sy plasing het Trump gesê die wêreld het haar liefgehad en haar ’n “ware verlies” genoem. Die Withuis se proklamasie is op 25 Augustus 2026 uitgereik en is deur Trump onderteken.
Druk hier om meer te lees.