Tshwane wil appelleer ondanks bloedneus in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die Stad Tshwane het van die Pretoria-hooggeregshof se uitspraak oor die heffing van R194 per maand vir die stad se reiniging deur privaat vullisverwydering kennis geneem en aangedui hulle gaan teen die uitspraak appelleer. AfriForum het ’n hofoorwinning behaal toe die hooggeregshof die heffing onwettig en ongeldig verklaar het. Die heffing is met onmiddellike effek ter syde gestel.

AfriForum het aangevoer die heffing kom neer op dubbele belasting, veral waar inwoners reeds vir privaat vullisverwydering betaal. Die hof het beveel dat alle heffingsbedrae aan verbruikers gekrediteer moet word en dat geen verdere heffing verhaal mag word nie. Waarnemende regter George Avvakoumides het die metro gekritiseer vir die gebruik van irrelevante dokumente en misleidende argumente. Hy het ook ’n kostebevel teen die metro toegestaan.

“Die instelling van hierdie heffing was onwettig en arbitrêr,” het Deidré Steffens van AfriForum gesê. Arno Roodt het bygevoeg: “Die hof se beslissing wys dat gemeenskappe bereid is om onbillikheid te beveg.”

Rdl. Obakeng Ramabodu, burgemeesterskomiteelid vir omgewings- en landboubestuur van die Stad Tshwane, sê daar sal geappelleer word, “aangesien geglo word dat ’n reinigingsheffing wat gemik is op die instandhouding van ons stortingsterreine, ’n stap in die regte rigting is. Dit is noodsaaklik om ’n veilige en skoon stad vir almal te verseker.”

Volgens Ramabodu is die heffing nie uniek aan Tshwane nie en is dit reeds tussen 2016 en 2021 deur die vorige regering ingestel.

Druk hier om AfriForum se volledige verklaring te lees.

Lees die Stad Tshwane se verklaring hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief