TSJERNOBIL. – Volgens die Internasionale Agentskap vir Atoomenergie is ‘n beskermende skild wat die Tsjernobil-kernreaktor bedek vroeër die jaar in ‘n hommeltuigaanval beskadig.
Lees ook: Vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland gaan voort
Die agentskap het gesê die skild is af en kan nie meer die “hooffunksies, insluitend die binnehou van die radiasie, uitvoer nie”.
Die agentskap het gesê dit is “noodsaaklik” dat die skild reggemaak word om verdere agteruitgang van die kernreaktor te verhoed”.
Oekraïne het Rusland in Februarie beskuldig dat hulle die kernaanleg teiken, maar die Kremlin het dit ontken.
Bronne: BBC, Metro, CNN
Lees ook: Vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland gaan voort





