Lees ook: Tupac is ‘uit wraak vermoor’
LAS VEGAS, VSA. – Die voormalige bendelid wat aangekla word van die moord op kletsrymer Tupac Shakur in 1996, het Donderdag in ’n Las Vegas-hof onskuldig gepleit.
Duane “Keffe D” Davis (60) het geantwoord “nie skuldig” toe hy gevra is of hy ’n pleidooi wil indien. Davis is in September vanjaar vir die 1996-moord in hegtenis geneem.
Shakur en Davis se neef, Orlando Anderson, was op 7 September 1996 in ’n bakleiery ure voor Shakur in ’n verbyryskietery noodlottig gewond is. Davis het na bewering die verbyryskietery gereël en was glo in die voertuig toe dit plaasgevind het. Dit is onbekend wie Shakur geskiet het. Die ander drie mans wat saam met Davis in die voertuig was, is reeds oorlede.
Bronne: IOL, Metro, BBC
Lees ook: Tupac is ‘uit wraak vermoor’




