Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-verdagtes bly in aanhouding

Die verdagtes word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie.

AKA-verdagtes bly in aanhouding

fotokrediet: Facebook
AKA-verdagtes bly in aanhouding fotokrediet: Facebook

Lees ook: Vyf verdagtes in AKA-moord vandag weer in hof

DURBAN. – Vyf van die sewe verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane het vandag in die Durban-landdroshof verskyn.

Die verdagtes word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg, poging tot moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en onwettige besit van ammunisie. Hulle word ook nou aangekla van geldwassery. Beskuldigde nommer 4, Mziwethemba Harvey Gwabeni, is aangekla van geldwassery en het dit glo met medebeskuldigdes gedeel.

Die verdagtes sal in aanhouding bly . Dseie borgaansoekdatums is 14 Maart, 18 Maart, 19 Maart en 27 Maart.

Bronne: IOL, Briefly, Cape Town ETC

Lees ook: Vyf verdagtes in AKA-moord vandag weer in hof