WES-KAAP. – Die liggame van twee pasgeborenes is Sondag in ‘n drein in Wallacedene- informele nedersetting gevind.
Adj.off. Joseph Swartbooi sê polisie het op ‘n klagte reageer en die babas se liggame drywende in water gevind. Die polisie se duikeenheid het die liggame uitgehaal, waarna beide dood verklaar is.
‘n Doodsondersoek is deur die Kraaifontein-polisie geopen.
Enigiemand met inligting oor die babas word versoek om die polisie onverwyld te kontak.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: