OOS-KAAP. – Twee pasgebore babaseuns is Dinsdagaand uit die kraamsaal van die Dora Nginza-hospitaal ontvoer. Die eenheid vir gesinsgeweld, kindersbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) ondersoek die twee gevalle van ontvoering.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê volgens verslae het een ma haar baba om 18:55 geborsvoed, waarna sy die kleinding in die premature eenheid (PREM) van die kraamsaal gelos het. Toe sy omstreeks 20:30 terugkeer om die kind weer te voed, het sy ontdek hy is weg. Nog ‘n ma het later aangekom haar baba is ook weg. Die eerste baba is vier dae oud, terwyl die tweede twee dae oud is.
Die GKS-eenheid vra enigiemand met inligting van person(e) wat die twee babas in hulle besit het om na vore te kom en kol. Biko by 076 129 2948 te bel.
’n Ondersoek is aan die gang.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





