Twee beseer in kop-teen-kop-botsing in Sandton

Lees ook :

Die twee motors wat by die botsing betrokke was. Foto: Emer-G-Med

SANDTON. – Dinsdagoggend om 11:00 is nooddienste na ’n ongelukstoneel in Winnie Mandela-rylaan in Sandton ontbied.

Twee motors wat in ’n kop-teen-kop-botsing betrokke was, is aangetref. Twee mans is op die toneel behandel en gestabiliseer. Hulle is vir verdere behandeling hospitaal toe geneem.

Een van die mans wat ongeveer 60 jaar oud is, was met kritieke beserings in ’n wrak vasgekeer. Hy moes met toerusting uitgehaal word.

Bronne: Emer-G-Med, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief