WES-KAAP. – ’n Ligte vliegtuig met twee bemanninglede het vanoggend net na 11:00 suid van Tembalethu, in George, neergestort. Die bemanningslede het geringe beserings opgedoen en is in ‘n hospitaal behandel.
Die Tuinroete-distrikmunispaliteit sê in ‘n sosialemediaplasing nooddienste wat EMS Metro Emergency Services, George-munisipaliteit se brand-en-reddingsdiens, Tuinroete-distriksmunisipaliteit se brand-en-reddingsdienste, die lughawe-brand-en-reddingsdienste en die polisie was op die toneel teenwoordig.
Sisa Majola, burgerlugvaartowerheid-woordvoerder, het aan Nuusflits bevestig die afdeling vir ongeluk- en insidentondersoeke (AIID) ’n Rockwell 500S met registrasienommer ZS-IZN, vanoggend by die George-lughawe betrokke was.
Volgens voorlopige inligting het die vliegtuig sowat 15 km van die lughawe dubbele enjinverlies ervaar en in ’n nabygeleë begraafplaas by Thembalethu tot stilstand gekom.Die vliegtuig het vanaf die Vereeniging-lughawe vertrek op pad na George en het twee insittendes aan boord gehad – ’n vlieënier en ’n passasier. Albei is na ’n hospitaal vir behandeling geneem.
AIID sal binne 30 dae ’n voorlopige verslag op SACAA se webwerf publiseer.





