Brekende Nuus
Afrikaans

Twee beseerdes in wrak vasgekeer na kop-aan-kop in KZN

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het lede omstreeks 19:28 'n oproep om bystand ontvang vir twee insittendes wat in die omgeslaande wrak van 'n Renault Stepway vasgekeer was.

(Fotokrediet: Rusa)
(Photo credit: Rusa)

Twee insittendes van ‘n voertuig wat Sondagmiddag in ‘n kop-aan-kop-botsing in Toddstraat in Verulam, KZN, betrokke was, moes met reddingskake uit die wrak bevry word.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het lede omstreeks 19:28 ‘n oproep om bystand ontvang vir twee insittendes wat in die omgeslaande wrak van ‘n Renault Stepway vasgekeer was.

Die Ethekwini-brandweer en -reddingsdienste het kort daarna opgedaag en albei insittendes uit die voertuig gehaal. Hulle is ernstig beseer.

LEES OOK: Jong renjaer (18) sterf na ongeluk op renbaan

Die wit Renault Stepway was vanaf Oaklands in die rigting van Everest Heights op pad toe dit reg van voor teen ‘n blou Toyota Camry gebots het wat in die teenoorgestelde rigting gery het. Die bestuurder van die Toyota Camry het ligte beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ‘n hospitaal vervoer is.