POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Twee beskuldigdes van 19 en 21 jaar oud het gister in die Lehurutshe-landdroshof vir moord verskyn.
Dit volg na twee seuns in Desember 2023 verdwyn het. Hulle is as vermis by die Motswedi- en Lehurutshe-polisiestasies aangemeld. Ondersoeke het die polisie na die ontdekking van menslike skeletbene in ’n plastieksak in bosse by Mosweu gelei.
Volgens die SAPD het verdere ondersoek die inhegtenisneming van die beskuldigdes opgelewer. Die beskuldigdes was glo in beheer van die inisiasieskool waar die seuns na bewering gesterf het.
Daar is bevestig dat ander misdade moontlik met die twee beskuldigdes verbind kan word.
Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale kommissaris, het almal wat by die saak betrokke was, bedank vir hulle onvermoeide pogings om die skuldiges vas te trek.
Bronne: SAPD, Twitter





