Twee borge bied ‘man of the match’ geskenkbewys ter waarde van R50 000

Lees ook :

Twee borge van die Absa Wildeklawer-rugbytoernooi, Dugads en WeBuyCars, bied ‘n “man of the match” motorafslag-geskenkbewys aan die speler wat die toernooi gewen het (Player of the Tournament).

Die geskenkbewys is vir R50 000 afslag op enige voertuig wat op WeBuyCars se vloer staan. Dugads dra 40% by tot hierdie afslag en WeBuyCars dra die oorblywende 60%.

Jaco Dames en Danie Botma is van Dugads en hulle help WeBuyCars om namens hulle by skole te bemark.

Die enigste voorwaardes verbonde aan dié geskenkbewys is dat dit tot die einde van die jaar geldig is, en die voertuig moet op die leerder se naam geregistreer wees. Die leerder moet ook ‘n geldige rybewys hê.

“Hierdie outjies wat speel, maak nou klaar met skool, en gaan volgende jaar ‘n kar nodig hê as hulle gaan studeer. Jy kan ook ‘n scooter koop. As die outjie 17 jaar oud is, en hy wil volgende jaar self skool toe ry, en hy wil vir hom ‘n motorfiets koop, kan hy selfs die geskenkbewys daarvoor gebruik.”

Danie Botma van Dugads

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief