VRYSTAAT. – Sipho Malinga (46) ‘n bestuurderslisensie-eksaminator en Doctor Moloi (31) ‘n JVD Driving School-instrukteur, is op aanklagte van korrupsie en bedrog skuldig bevind.
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) verwelkom die skuldigbevinding van die beskuldiges wat onwettig leerling-bestuurderslisensies op Vrede uitgereik het. RTMC sê die vonnisoplegging het nie die ernstige aard van die misdaad weerspieël nie.
“The sentence does not reflect the serious impact that fraud and corruption have on road safety in the country.”
Malinga en Moloi is op 4 Julie 2023 in hegtenis geneem nadat ‘n fluitjieblaser inligting oor korrupsie rapporteer het. Tydens ‘n ondersoek is ‘n duidelike patroon bespeur waarvolgens die instrukteur individue vir leerlinglisensies identifiseer het en inligting aan Malinga gegee het. Deur omkopery is suksesvolle leerlinglisensies verseker. ‘n Geheime operasie het die korrupsie ontbloot.
RTMC sê bedrog en korrupsie by sentrums sit onbevoegde bestuurders op paaie wat verwoesting en sterftes met padongelukke veroorsaak.
Beide die beskuldigdes het op die aanklagte teen hulle skuldig gepleit en is op 10 April gevonnis.
Malinga is ses jaar tronkstraf opgelê of moet ‘n boete van R11 600 betaal. Die helfte van sy vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Voorts moet hy R2 000 in die kriminele bate-herwinningsrekening inbetaal en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Moloi is vyf jaar direkte tronkstraf of ‘n boete van R12 000 opgelê. Die helfte van sy vonnis is ook vir drie jaar opgeskort. Hy moet soos Malinga ook R2 000 in die kriminele bate-herwinningsrekening inbetaal. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
RTMC het die ondesoekers geprys wat tot die skuldigbevinding en vonnis gelei het.
“Members of the public are urged to remain vigilant and report any suspected acts of fraud, corruption, or malfeasance to [email protected] or via WhatsApp at 083 293 7989.”
Bron: RTMC





