Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die SAPD van Kabegapark het die gemeenskap se hulp gevra om ‘n vermiste man (22) op te spoor.
Kuhle Mzuzwana was op 2 Junie 2023 saam met sy vriende op Maitland-strand. Hy wou gaan swem, maar is deur die water meegesleep. Sy vriende kon hom nie red nie en reddingsdienste kon agterna nie sy liggaam kry nie.
Daar is aangeneem hy het verdrink, maar sy liggaam is steeds nie gevind nie. Sy familie het hom as vermis aangemeld.
Die polisie het gevra enigiemand met inligting moet speur-sers. Deidre Harker by 063 157 2964 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Oud-gevangene in hegtenis geneem vir moord op polisiebeampte





