Twee leerlinge buite Hoërskool Riverlea doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Slegs ter illustrasie

GAUTENG. – Twee leerlinge, onderskeidelik 15 en 16 jaar oud, is Woensdag dood buite die skoolgrond van Hoërskool Riverlea aangetref. Die polisie het ‘n moordsaak met twee aanklagte oopgemaak.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die polisie het ‘n klagte van ‘n skietvoorval in Riverlea ontvang. Gemeenskapslede het die polisie op die toneel na die bosagtige gebied agter die skool geneem, waar die twee liggame met skietwonde gevind is. Die motief vir die moorde is nog nie vasgestel nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help of bydra tot die opsporing van die verdagte/s om na vore te kom.

Steve Mabona, GDO-woordvoerder, sê die departement is bedroef oor die twee gr. 8-leerlinge wat doodgeskiet is. Volgens die departement het die voorval groot skok in die skoolgemeenskap – in gesinne, vriende, opvoeders en mede-leerders – veroorsaak. Die departement betuig sy innige meegevoel aan die familie en die hele skoolgemeenskap. ’n Psigososiale ondersteuningspan is na die betrokke skool gestuur om onmiddellik traumaberading en emosionele ondersteuning aan leerders, opvoeders en personeel te bied.

Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, sê: “Die departement veroordeel alle vorme van geweld en misdaad wat die veiligheid en welstand van leerders in ons gemeenskappe bedreig. Hierdie voorval beklemtoon die dringende behoefte aan kollektiewe aksie om vuurwapengeweld te beperk en ons kinders se reg op veilige leeromgewings te beskerm. Ons betuig ons meegevoel aan die families en die skoolgemeenskap.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief