GAUTENG. – Twee leerlinge van Laerskool Wilhelmina Hoskins in Riverlea het Saterdag en Maandag tydens afsonderlike voorvalle gesterf. Een is glo geskiet en een het na bewering koekies geëet en siek geword.
Steve Mabona sê die ouer seun in gr. 7 is glo Saterdag deur onbekende verdagtes by sy familiehuis doodgeskiet.
Die jonger seun in gr. 4 het glo siek geword nadat hy koekies van ‘n plaaslike spazawinkel geëet het. Nooddienste is ontbied, maar die seun is by sy huis dood verklaar waar hy behandeling ontvang het.
Beide voorvalle word deur die polisie ondersoek. Die onderwysdepartement ondersteun die skoolgemeenskap.
Matome Chiloane, die LUR vir die departement, het sy hartseer oor die afsterwe van die kinders uitgespreek.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





