KWAZULU-NATAL. – Die liggame van twee mans is vanoggend (Woensdag) by onderskeidelik die Umdloti- en Westbrookstrand gevind.
Samantha Meyrick van IPSS Search and Rescue sê dié diens, die soek-en-reddingseenhede van die polisie en die metropolisie het reageer toe ‘n roeier ‘n liggaam wat hy in die see in Umdloti opgemerk het, aangemeld het. Die diens se jetski is gebruik en die manlike liggaam is opgespoor.
Tydens die opsporing van die liggaam is aangemeld nog ‘n liggaam van ‘n man het by Westbrookstrand uitgespoel.
Beide die liggame is vir verdere ondersoek aan die plaaslike polisie oorhandig.