Twee liggame by afsonderlike strande gevind

Lees ook :

Foto's: IPSS Search and Rescue

KWAZULU-NATAL. – Die liggame van twee mans is vanoggend (Woensdag) by onderskeidelik die Umdloti- en Westbrookstrand gevind.

Samantha Meyrick van IPSS Search and Rescue sê dié diens, die soek-en-reddingseenhede van die polisie en die metropolisie het reageer toe ‘n roeier ‘n liggaam wat hy in die see in Umdloti opgemerk het, aangemeld het. Die diens se jetski is gebruik en die manlike liggaam is opgespoor.

Tydens die opsporing van die liggaam is aangemeld nog ‘n liggaam van ‘n man het by Westbrookstrand uitgespoel.

Beide die liggame is vir verdere ondersoek aan die plaaslike polisie oorhandig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief