NOORDWES. – Twee liggame is Vrydagoggend deur ‘n verbyganger by Skoonspruitrivier tussen Orkney en Kanana opgemerk.
Lt.kol. Amanda Funani sê die verbyganger het die polisie in kennis gestel. Een van die liggame het in die rivier gedryf en die ander een was langs die rivier op die wal. Dit blyk die liggame van twee mans in hul 20’s te wees, vermoedelik zama-zamas. Die hande van die mans was agter hul rûe vasgebind.
Voorlopige ondersoek dui aan die mans is in die kop geskiet. Die motief vir die misdaad is onbekend en is deel van die ondersoek. Geen inhegtenisnemings is gemaak nie.
Enigiemand met inligting van die dubbelmoord word versoek om kapt. Brent Browning van Orkney-speurtak by 082 416 4080 te kontak.





