Twee mans gesoek wat glo drie vroue verkrag, een vermoor

Lees ook :

Twee mans gesoek wat na bewering drie vroue verkrag, een vermoor. Foto ter illustrasie: Canva

ZWELITSA, OOS-KAAP. – Daar  word gesoek na twee mans wat glo op Nuwejaarsdag drie vroue tussen die ouderdom van 18 en 19 verkrag en een van hulle doodgesteek het.

Na bewering het twee mans die vroue om 19:00 die aand oorval waar hulle deur ’n veld geloop het. Hulle is van hulle selfone en kontant beroof en glo daarna verkrag.

Een van die slagoffers het glo weerstand gebied en is doodgesteek. Volgens die twee oorlewendes is hulle met toue vasgebind en in ’n nabygeleë stroom gegooi voordat die verdagtes gevlug het. Die vroue kon hulself bevry en het hulp ontbied.

Lt.genl. Monthetheleli Mene het haar medelye teenoor die oorledene se familie uitgespreek. Sy het vroue gewaarsku om attent op hulle veiligheid te wees en nie saans deur verlate areas te loop nie.

Bronne: SAPD, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief