GAUTENG. – Twee verdagtes wat as mees gesoekte transitorowers en moordenaars bestempel is, is Saterdag deur die polisie, tydens ‘n oor-en-weer-skietery in Boksburg, Ekurhuleni, doodgeskiet.
Kol. Mavela Masondo sê die verdagtes word met sake in Gauteng en KwaZulu-Natal verbind. Vuurwapens, onder andere ‘n Ak-47-aanvalsgeweer en ‘n rewolwer, is by die verdagtes aangetref.
Kamogelo Mogotsi, woordvoerder vir Senzo Mchunu, die polisieminister, het die polisie wat saam met veiligheidsdienste gewerk het, geprys.
“Die ministerie prys die pogings van die wetstoepassingsbeamptes wat by hierdie operasie betrokke was, wie se dapperheid en professionaliteit steeds georganiseerde misdaad voorkom en ons gemeenskappe beskerm. Hierdie optrede dien as ‘n duidelike boodskap dat wetstoepassing in die stryd teen gewelddadige misdaad vasberade bly en geregtigheid sonder vrees of guns sal bly nastreef.”
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





