Vele verrassings het Donderdagaand vir Brendan Peyer en die meisies in die vierde episode van Op my eish! gewag.
Nie net is Rachelle as die anonieme briefskrywer ontmasker nie, maar ouma Meisie het twee nuwe vroue in die kompetisie ingebring. Jonelle Spamer (21) van Wellington en Mariska Jacobs (24) van Randfontein het die wind uit almal se seile geneem toe hulle instap.
Sonel het ’n skietkompetisie gewen en daarmee alleentyd saam met Brendan losgeslaan. Al haar skimpe kon hom egter nie sover kry om vir haar ook ’n soen uit te deel nie. Janae het nog niks oor haar soen van laasweek gesê nie, al is sy en Sonel kamermaats.
Ouma Meisie se nuweling, Mariska, word huis toe gestuur. Sy voel dat Brendan haar nog tyd moes gun sodat hy haar kon leer ken. Luzaan word ook huis toe gestuur omdat Brendan voel hulle “konneksie” is nie sterk genoeg nie.
Episode vyf se voorskou maak kykers opgewonde – Brendan gaan van die meisies na een van sy vertonings nooi.
Bronne: kykNET, Terloops





