Twee persone by vulstasie doodgeskiet, verdagtes gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Tabile Adonis (34) en George Bruintjies (40) is Woensdagoggend by die Trucker’s Inn by die vulstasie in Markman doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu sê Adonis het die winkel binnegegaan. Die twee verdagtes was reeds in die winkel. Adonis is verskeie kere deur een van hulle geskiet. Die verdagtes het daarna uitgehardloop en Bruintjies, wat buite gestaan het, genader. Bruintjies het hulle gesien en begin hardloop, maar is twee keer geskiet.

Die verdagtes het glo daarna in ‘n wit voertuig gespring en weggejaag.

Naidu sê die motief vir die moorde is onbekend, maar is deel van die ondersoek.

Enigiemand wat inligting van die voorval het, word versoek om speur.sers. Nigel Wright by 082 921 2312 te bel. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word en inbellers kan anoniem bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief