Twee polisielede pleeg glo selfdood

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – Twee polisielede het die naweek gesterf, na bewering aan hulle eie hande. Die een het vermoedelik eers sy vrou doodgeskiet.

Brig. Sabata Mokgwabone sê ‘n adjudantoffisier (58), verbonde aan Mahikeng-OOP, het Saterdagoggend vroeg glo eers sy vrou (46) in die Dithakong-woonbuurt doodgeskiet en daarna homself om die lewe probeer bring. Die egpaar is in die slaapkamer gevind, waar die vrou dood verklaar is. Haar man is met aankoms by ‘n hospitaal dood verklaar. Die motief vir die insident is onbekend, maar ‘n dossier vir moord en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Sondagoggend het ‘n luitenant-kolonel, verbonde aan die taktiese reaksie-eenheid (TRT) homself glo in New Macaviestraat, buite Potchefstroom, doodgeskiet. Vuilspel word nie vermoed nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Lt.genl. Sello Kwena versoek lede om van die dienste van EHW (Employee Health and Wellness) gebruik te maak om sielkundige hulp te bekom. Kwena het simpatie aan die familielede, vriende en kollegas van die drie oorledenes betuig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief