Twee seuns verdrink tydens skooluitstappie

Lees ook :

Twee seuns verdrink tydens skooluitstappie. Foto: The Citizen

CENTURION, GAUTENG. – Twee leerlinge aan die Dayveton-vaardigheidskool het Maandagmiddag by die Hennopsrivier naby Centurion verdrink. Die seuns, tussen 13 en 16 jaar, was op ’n skooluitstappie ten tyde van hulle verdrinking.

Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, sê hulle is rondom 15:00 ontbied. Volgens hom is die twee seuns op die toneel dood verklaar. Polisieduikers het die liggame van die seuns herwin.

Mabaso sê die seuns het aan wateraktiwiteite deelgeneem toe hulle verdrink het. Die omstandighede van die verdrinking word deur die SAPD ondersoek.

Bronne: Tshwane Emergency Serives, Die Rekord, SABC, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief