Twee sterf by inisiasieskole in Limpopo

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Jong man (19) en ‘n seun (12) het sedert die begin van die 2025-inisiasieseisoen by twee afsonderlike inisiasieskole in Limpopo gesterf. Dr. Phophi Ramathuba, premier van Limpopo, het sy diepe skok en hartseer daaroor uitgespreek.

Thilivhali Muavha, woordvoerder van die premier, sê in ‘n verklaring in die eerste voorval het ‘n 19-jarige jong man van Sekhukhune Sondag ernstige komplikasies ondervind en is in ‘n plaasliike hospitaal oorlede. Die 12-jarige seun van die Mopani-distrik is dood nadat ‘n brand in ‘n kamp uitgebreek het en hy beserings opgedoen het. Hy is in hospitale in beide Mopani en Gauteng behandel, maar het Dinsdag gesterf.

Die premier sê enige voorvalle wat tot sulke sterftes lei, sal deeglik ondersoek word om die onderliggende oorsake vas te stel. Terwyl die regering verbind bly tot die eerbiediging van tradisies en gebruike, is daar ook ’n verpligting om lewens te beskerm.

“Toe ons die nuus van hierdie tragiese sterftes ontvang het, was ons oorweldig deur hartseer; dit is hartverskeurend dat sulke belowende jong lewens so vroeg beëindig is. Ons betuig ons innige meegevoel aan die families en vriende van die afgestorwenes. Dit is ons gesamentlike verantwoordelikheid om te verseker dat alle seuns wat hierdie skole bywoon, beskerm en veilig is. Ons doen ’n beroep op almal wat met toesig oor hierdie jong mans vertrou is om uiterste waaksaamheid aan die dag te lê. Ons kan nie toelaat dat lewens verlore gaan onder die vaandel van tradisie nie,” het die premier, dr. Ramathuba, gesê.

Ramathuba het die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, in samewerking met die departement van gesondheid, ten taak gestel om ‘n formele ondersoek en ’n omvattende verslag oor beide voorvalle op te stel.

Muavha sê voorts Limpopo het tradisioneel ’n goeie rekord van min sterftes tydens die winter-inisiasieseisoen.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief