Twee sterf in skietvoorval by polisiekantoor

Lees ook :

Foto: Google Maps

LIMPOPO. – ‘n Sersant (40), verbonde aan die Mopani-distrikskantoor, het Maandag in die vroeë oggendure ‘n konstabel (31) by Ritavi-polisiekantoor doodgeskiet, voordat hy homself om die lewe gebring het. ‘n Moord- en geregtelike doodsondersoek is geopen.

Volgens brig. Hlulani Mashaba is die sersant Sondag kort voor middernag na die konstabel se huurhuis in Nkowankowa. ’n Rusie het ontstaan, waarna die konstabel die Ritavi-polisie vir hulp gekontak het. Beamptes het haar vir haar veiligheid na die polisiestasie geneem. Dit word beweer dat die sersant aanvanklik die toneel verlaat het, maar daarna na die Ritavi-polisiekantoor teruggekeer het. Hy het die konstabel in die gemeenskapsdienssentrum opgespoor, haar doodgeskiet en toe die vuurwapen op homself gerig. Albei is op die toneel dood verklaar.

Die saak is vir verdere ondersoek na Opod verwys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief