Twee tydens roof naby tolhek doodgeskiet

Lees ook :

Foto: Live Traffic NPC News Report

GAUTENG. – Twee persone is Vrydagaand op die N1 in ‘n noordelike rigting net na die Carousel-tolplaza doodgeskiet. Die bestuurder van ‘n minibus vol mense het omstreeks 22:50 gestop om te urineer, toe verdagtes toeslaan.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê aan Nuusflits Hammanskraal-polisie ondersoek ‘n saak van moord en gewapende roof. Vier verdagte mans het uit die bosse gekom en passasiers van die minibus van geld beroof. Skote is geskiet en twee persone is op die toneel dood verklaar.

Nevhuhulwi bevestig nog geen arrestasies is uitgevoer nie en maan die publiek om ten alle tye waaksaam op die paaie te wees en eerder van badkamers by vulstasies gebruik te maak.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Volgens Live Traffic NPC News Report het die insident tussen die Carousel-tolplaza en die Maubane-afrit plaasgevind. Drie insittendes van die minibus is geskiet, van wie twee gesterf het. Ooggetuies het gesê insittendes is van besittings beroof. Alle rolspelers was op die toneel teenwoordig.

Arrive Alive sê die verdagtes het uit die bosse te voorskyn gekom, waarna die insittendes van die minibus terugbaklei en die skietery plaasgevind het.

Bronne: SAPD, Trafficlive.co.za, X – @Abramjee en Crime Watch, Arrive Alive

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief