Lees ook: Verdagte word gesoek na polisiebeampte doodgeskiet is
Twee verdagtes wat in hegtenis geneem is op aanklag van die moord op ’n verkeersbeampte sal in aanhouding bly vir verdere ondersoek.
Provinsiale inspekteur Patrick Mbulaheni Netshidzivhani (56) van die Mutate-verkeerstasie is op Sondag 12 Januarie 2025 as vermis aangemeld. Hy het glo na die Khunguni-berg gegaan om te oefen en het nooit teruggekeer huis toe nie.
Sy voertuig is later gevind, wat na die twee verdagtes gelei het. Die verdagtes, Munyai Roshidzwa Vhutshilo (25) en Nekhubvi Muano (21), is in hegtenis geneem en het gister op aanklagte van moord in die hof verskyn.
Die saak is tot 3 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagte word gesoek na polisiebeampte doodgeskiet is