Lees ook: Vyf mans in KZN doodgekap
ERMELO. – ‘n Verdagte word gesoek na lt.kol. Piet Pretorius (59) gistermiddag doodgeskiet is terwyl hy in sy amptelike voertuig gery het.
Pretorius was die hoof van die voertuigidentifiseringeenheid in Ermelo. Hy het in sy amptelike voertuig gery toe hy deur ’n onbekende verdagte geskiet is. Die verdagte het in ’n wit sedan geklim en weggery.
Dit is onbekend wat die motief vir die moord is. Die SAPD het ’n 72-uur-plan ingestel om die moord te ondersoek en die verdagte op te spoor.
Bronne: SAPD
Lees ook: Vyf mans in KZN doodgekap





