LEES OOK: Vier mans gevonnis vir die marteling van ‘n rob op Kaapse strand
Die polisie in Gauteng is op soek na twee verdagtes ná ‘n skietvoorval gister in Nuweland, Johannesburg.
’n 41-jarige man is dood en sy 14-jarige dogter is gewond nadat onbekende verdagtes op hulle losgebrand het. Die geval word as ‘n saak van moord en poging tot moord ondersoek.
Dimakatso Nevhuhulwi, Gautengse polisiewoordvoerder, sê beamptes ondersoek sake van moord en poging tot moord. “Daar word berig dat die twee slagoffers, ‘n pa en dogter, deur twee onbekende mans geskiet is. Die pa (41) het aan sy beserings beswyk terwyl die dogter (14) hospitaal toe geneem is. Die motief vir die skietery is in dié stadium onbekend.”
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisie versoek enigiemand wat moontlik inligting het wat met die ondersoek kan help om die Misdaadstoplyn by 08600 10111 te kontak,
#Polisie #Verdagtes #Skietery #Nuweland #Nuus
Bronne gebruik: SABC Nuus; The Citizen.





