Brekende Nuus
Afrikaans

Twee verdagtes in hegtenis vir inbraak by Louvre

Polisie steeds op soek na juweeldiewe wat by Louvre-museum inbreek

fotokrediet: Canva
Polisie steeds op soek na juweeldiewe wat by Louvre-museum inbreek fotokrediet: Canva

PARYS, FRANKRYK. – Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir verlede week se inbraak by die Louvre-museum.

Lees ook: Soektog na Louvre-juweeldiewe duur voort

Die Paryse aanklaerskantoor het gesê een van die verdagtes is in hegtenis geneem terwyl hy voorberei het om ‘n vlug van Charles de Gaulle-lughawe te neem.

Een van die verdagtes was op pad na Algerië en een was op pad na Mali.

DNS wat op die toneel van die roof gevind is, het na een van die verdagtes gelei.

Bronne: BBC, The Independent, IOL

Lees ook: Nog ‘n Franse museum die week beroof