Twee verdagtes in hof na bejaardes op plaas aangeval is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Tshepo Jankie Makhubo en Thapelo Edward Mohloboli het Maandag op aanklagte van onder meer ‘n plaasaanval in die hof verskyn nadat ‘n bejaarde egpaar op 1 Mei in hulle plaashuis aangeval is.

Lt.kol. Thabo Covane sê die misdaavoorkomingstaakspan het Saterdag inligting van ‘n verdagte met ‘n ongelisensieerde vuurwapen gekry. Die inligting is opgevolg en die verdagte is in besit van ‘n rewolwer en ammunisie gevind. Met nog inligting het die span ‘n ander huis deursoek waar ‘n verdagte aan die slaap was. Meer vuurwapens en ammunisie, asook juwele, is gekonfiskeer. Beslag is gelê op bokse vloerteëls en teelgom, wat ook vermoedelik gesteel is.

Dossiere vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, is geopen. Botshabelo-landdroshof het die saak tot 23 September uitgestel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

‘n Bejaarde man (66) en sy vrou (65) is Woensdagaand omstreeks 23:30 in hulle huis op ‘n plaas naby Ladybrand aangeval.

Sers. Mahlomola Kareli sê die egpaar het in hulle sitkamer gesit toe hulle ‘n geluid in die kombuis hoor. Vier verdagtes het glo die huis binnegegaan deur die veiligheidshek oop te breek. Die man is oor die kop geslaan, waarna die egpaar vasgebind en geblinddoek is.

Die verdagtes het kluissleutels geeïs en het ses gewere, twee haelgewere, twee handwapens en ‘n rewolwer met die hulp van ‘n breekyster gesteel. Gesteelde goedere, wat huishoudelike items insluit, is in die bakkie van die bejaardes gesit en van die toneel gevlug. Die voertuig is ‘n Mahindra, enkelkajuit, met registrasienommer HXL 158 FS.

Die egpaar het beserings aan hulle koppe en arms opgedoen. Hulle is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem.

Ladybrand-polisie ondersoek ‘n huisroof.

‘n Mannejag om die verdagtes op te spoor, is geloods. Enigiemand met inligting word versoek om speur.kol. Ben Bolsiek by 0824668530 te bel.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App