Twee verdagtes sterf toe polisievangwa rol

Lees ook :

Foto's: Vison Tactical

GAUTENG. – ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat twee verdagtes Dinsdag in ‘n botsing tussen ‘n polisievangwa en ‘n privaat voertuig in Sunnyside, Pretoria, gesterf het. Vyf polisiebeamptes is beseer.

Kol. Mavela Masondo sê die polisie het drie verdagtes vervoer wat van die diefstal van ‘n motorvoertuig beskuldig en pas gearresteer is. ‘n Ongeluk met ‘n Hyundai Atos het in Parkstraat, Arcadia, plaasgevind, waarna die twee verdagtes op die toneel dood is. Voertuigstoringstoerusting (jammers) en verskillende stelle registrasieplate is glo in die verdagtes se besit gevind.

Polisielede en ‘n derde verdagte, wat in die ongeluk beseer is, is vir mediese hulp na hospitale vervoer. Die bestuurder van die Hyundai is nie beseer nie.

Volgens Vision Tactical is die beweerde gesoekte verdagtes vir voertuigdiefstal in ‘n gesamentlike operasie met die polisie onderskep. ‘n Gesteelde voertuig is glo ook volgens dié diens teruggevind.

Foto’s: Vision Tactical

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief