Twee voorvalle van robbe wat byt aangemeld

Lees ook :

Foto: Mosselbaai Munisipaliteit

WES-KAAP. – Twee voorvalle van robbe wat persone op Santosstrand gebyt het, is Saterdag op Mosselbaai aangemeld.

Mosselbaai-munisipaliteit sê in beide die gevalle is die pasiënte by ‘n plaaslike hospitaal behandel.

“Die feit dat hondsdolheid by Kaapse pelsrobbe aangetref word, word met openbare bewusmakingsveldtogte oorgedra.”

Die munisipaliteit waarsku strandgangers en swemmers om tydens die warmer weer waaksaam te wees op die strande. Die publiek moet liefs die robbe vermy. Verlaat die water en die strand wanneer ‘n rob in ‘n omgewing is. Indien ‘n persoon gebyt word, moet ‘n wond vir 5 tot 10 minute met seep en water gespoel word en onmiddellike mediese behandeling verkry word.

Die publiek word gemaan dit is onwettig om robbe te pla. Moet hulle nie jaag, aanraak of probeer vashou nie. Honde moet altyd aan ‘n leiband stap en in toom gehou word. Indien ‘n robkarkas gevind word, moet daar nie van enige gedeeltes gebruik gemaak, of dit hanteer word nie.

“Luister na en gehoorsaam versoeke wat deur munisipale amptenare, lewensredders, personeel van die departement van bosbou, visserye en omgewing en hul verteenwoordigers gegee word om die see of kusgebiede te ontruim.”

Enige robbe op die strand of verwante insidente moet dadelik aan SMART (Stranded Marine Animal Rescue Team) dr. Greg Hofmeyr, by 071 724 2122 rapporteer word. Alternatiewelik kan die munisipaliteit enige tyd van die dag by 044 606 5000 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief