KWAZULU-NATAL. – Twee vroue het Woensdag in Eastbury-rylaan, Phoenix, beserings opgedoen toe hulle aangerand is en daar ‘n poging tot verkragting was.
KZN VIP Proteciton Services sê op sosiale media mediese en veiligheidspanne is met verskeie oproepe na die toneeel ontbied. Daar word vermoed die slagoffers was op pad was na die sakekern toe hulle deur ‘n manlike verdagte gekonfronteer is. Die verdagte, wat nie gewapen was nie, het beide slagoffers ernstig aangerand en daarna probeer om een van hulle in ’n nabygeleë bosagtige gebied te verkrag.
Die aanval is onderbreek toe die verdagte deur ‘n verbyganger gesteur is, waarna hy van die toneel gevlug het. Die verbyganger het die slagoffers bygestaan. Hulle is deur paramedici op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ‘n mediese fasiliteit geneem is.
Die polisie ondersoek die voorval.





