Twee wen groot met lotto

Lees ook :

Twee wen groot met lotto. Foto ter illustrasie: Canva

Die Nasionale Lotery het bevestig twee mense het die boerpot met die 11 Mei-trekking gewen.

Een persoon het R16 835 658,98 met die Lotto-plus gewen. Die inwoner van Kaapstad sê hy gaan nie die geld oorhaastig op groot goed uitgee nie. Hy gaan tyd deurbring op stil plekke in die natuur wat hy nog nie gesien het nie. Hy het maar R60 op ’n “quick pick” gewaag.

Nog ’n persoon het R12 983 575,30 deur die Lotto Plus 1 gewen.

Die lotery het finansiële adviseurs vir die wenners beskikbaar gestel.

Bronne: IOL, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief