Tweede dokter in Matthew Perry-saak gevonnis

Lees ook :

Tweede dokter in Matthew Perry-saak gevonnis fotokrediet: X

VSA. – Die tweede dokter in die Matthew Perry-saak is gister tot agt maande huisarres gevonnis vir sy rol in die sameswering om ketamien aan Perry te verkoop.

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-saak gevonnis

Mark Chavez is een van vyf mense wat vir Perry se dood in Oktober 2023 aangekla is. Hy het verlede jaar skuldig gepleit op die aanklagte van sameswering om ketamien te verkoop en het erken hy het onwettig verkrygde ketamien aan Salvador Plasencia verkoop, wat toe weer aan Perry verkoop is.

Perry se asssitent, Kenneth Iwamasa, ‘n man genaamd Erik Fleming en Jasveen Sangha, ‘n dwelmhandelaar, moet nog in die saak gevonnis word.

Bronne: ABC News, BBC, CBS News

Lees ook: Dokter in Matthew Perry-saak gevonnis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief