NOORDWES. – Die polisie het die tydelike hofbevel wat deur die Gauteng-hooggeregshof uitgereik is, verwelkom. Die polisie se statiese ontplooiing en diens by verlate mynskagte in Stilfontein duur voort.
Brig. Athlenda Mathe sê terwyl die hofsaak tot Dinsdag uitgestel is, vra die polisie weer alle onwettige myners om na bogronds te keer. Die veilige Margaret-skag moet gebruik word om na bogronds terug te keer.
National SAPS spokesperson, Brigadier Athlenda Mathe confirms no police will enter the abandoned mine in Stilfontein, emphasising safety risks. Authorities are focusing on surface-level only monitoring the situation. #sabcnews pic.twitter.com/UCfmN35nP2
— SABC News (@SABCNews) November 14, 2024
“Die bevel verhoed in elk geval nie die SAPD om sy grondwetlike mandaat uit te voer nie.”
Mathe sê diegene wat na bogronds terugkeer, sal, soos wel gedoen word, dadelik op die plek deur noodpersoneel geassesseer word. Indien in goeie gesondheid sal die persoon geprosesseer en aangehou word. Dié wat verdere mediese hulp vereis, sal onder polisiebewaking in ‘n hospitaal versorg word.
Intussen het nog onwettige myners stuksgewys na die bogrond teruggekeer. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen vir die onbinde liggaam wat verlede week na bo gebring is.
“‘n Suid-Afrikaner is in Kanana by ‘n huis wat as ‘n smelter gebruik word, gearresteer. Daar is gevind dat hy in besit was van gouddraende materiaal. Daar is ook tydens die intelligensie-gedrewe operasie op toerusting wat in onwettige mynbedrywighede gebruik is beslag gelê.”
Brig. Sabata Mokgwabone het vroeër bevestig water en kos is toegelaat om ondergronds afgegee te word.







