Lees ook: Familie van sakeman dood in helikopterongeluk dagvaar operateur
Uber het nou rekeninge vir tieners in Suid-Afrika geloods. Dit sal tieners van 13 tot 17 jaar toelaat om vervoer met ekstra gemoedsrus en veiligheidsmaatreëls te reël.
Die rekening sal verbind wees aan die ouers se Uber-rekeninge sodat hulle elke oomblik van die rit sal kan monitor.
Uber het ook gesê net ervare bestuurders wat deur agtergrondondersoeke en ‘n siftingsproses was, sal toegelaat word om tieners te vervoer. Ouers sal ook die bestuurders tydens die rit kan kontak en tieners sal nie toegelaat word om hulle bestemming te verander na dit aangekondig is nie.
Tieners sal ook ‘n unieke nommer ontvang voor die rit om seker te maak hulle klim in die regte voertuig met die regte bestuurder.
Bronne: SA People, IT News, IOL
Lees ook: Familie van sakeman dood in helikopterongeluk dagvaar operateur





