Lees ook: Verpleër in Uganda sterf aan Ebola
UGANDA. – Ugandese gesondheidsowerhede het aangekondig die land gaan Ebola-inentings in Kampala begin toets na ’n manlike verpleër aan Ebola oorlede is.
Kommer heers tans oor ’n uitbraak van die siekte in Uganda na ’n verpleër verlede week gesterf het. 44 mense is opgespoor wat met hom in aanraking was.
Die gesondheidsowerhede het 2 160 inentings by die WGO vir die toetsing ontvang. Die entstof is nie gelisensieer nie.
Bronne: Euronews, All Africa, ABC News
Lees ook: Verpleër in Uganda sterf aan Ebola