Ugandees vir moord op egpaar gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Sulaiman Kamya (29), ‘n Ugandese burger, is twee lewensvonnisse opgelê vir moord tydens ‘n wraakaanval op ‘n egpaar in hulle huis in Wildebeeslaagte in Northam.

Kol. Malesela Ledwaba sê die gebrande oorskot van Joshua Mutaasa (38) en sy vrou Rita (43) is op 4 Januarie 2019 in hulle huis ontdek. Die egpaar is brutaal aangeval en met ‘n skerp voorwerp gesteek, waarna die huis aan die brand gesteek is. Tydens die grumoorde is die egpaar se silwer BMW gesteel.

Op dieselfde dag is die verdagte in Rustenburg, Noordwes, opgespoor. ‘n Selfoon van een van die oorledenes is in Kamya se huis gevind. ‘n Bebloede broek was reeds in water geweek. Die gesteelde voertuig is by ‘n plaaslike skrootwerf, wat die besonderhede van die voertuig moes verander, gevind. Die voertuig is gekonfiskeer. Meer klere en besittings van Joshua Mutaasa is in ‘n oop veld gevind.

Kamya is op twee aanklagte van moord en huisroof aangekla. Tydens die verhoor is met bewyse vasgestel die moorde was met voorbedagte rade en uit wraak gepleeg.

Die beskuldigde wou die egpaar se voertuig volgens ooreenkoms koop en het in paaiemente betaal. Hy moes eers die totale bedrag betaal voordat hy die voertuig in ontvangs kon neem. Kumya het ‘n gedeelte betaal en kon nie langer die uitstaande bedrag betaal nie en het sy geld wat hy reeds oorbetaal het, teruggevra. Die oorledenes het gesê hulle sou later terugbetaal. Kumya het aggressief geword en in die oorledenes se huis ingetrek en die geld teruggeëis. Hy het die egpaar vermoor, die huis aan die brand gesteek, items van die oorledenes en die voertuig wat hy sou koop, gesteel en van die toneel gevlug.

Speur.sers. Thabiso Seshoka het borg in die saak suksesvol teengestaan totdat Kumya Woensdag in die Modimolle-streekshof twee lewenslange vonnisse vir die moorde en addisioneel 15 jaar vir huisroof opgelê is.

Speurdersersant Thabiso Seshoka Foto: SAPD

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief