Lees ook: Pakistan se gevalle van a-pokke styg
Die hoof van die WGO het gesê die a-pokke-uitbraak in Afrika kan in ses maande gestop word. Hy het ook gesê die WGO se eerste aflewering van entstowwe sal oor die volgende paar dae in die Kongo aankom.
WGO-hoof Tedros Adhanom Ghebreyesus het gesê met die regerings se leierskappe en samewerking tussen vennote glo hy die uitbraak van a-pokke kan in die volgende ses maande gestop word.
Meer as 18 000 gevalle van a-pokke is in die Kongo aangemeld en 629 mense is reeds dood. A-pokke het oor die wêreld versprei met gevalle van die nuwe variant aangemeld in Burundi, Rwanda, Kenia, Uganda, Swede en Thailand.
Bronne: New Zimbabwe, Outlook, The Independent
Lees ook: Pakistan se gevalle van a-pokke styg