[t4b-ticker]

Uitbraak van kommandowurms in Vrystaat aangemeld

Lees ook :

Foto's: Verskaf

VRYSTAAT. – ‘n Uitbraak van die kommandowurm is in Jacobsdal, Luckhoff, Koffiefontein, Petrusburg, Perdeberg en Ammaus aangemeld. Die blyk asof die uitbraak in die Letsemeng- plaaslike munisipaliteit na Boshof na die Tokologo- plaaslike munisipaliteit versprei.

Die departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake sê in ‘n verklaring die oorsaak vir die uitbraak is onbekend. Die kommandowurms kom in digte swerms in groot grasgebiede, weiding of klein gebiede van mielies en sorghum voor. Die departement sal ondersteuning met plaagdoder en blasers bied om die geaffekteerde gebiede te behandel.

Veeboere word aangeraai om diere van geaffekteerde weiding af te verwyder en die staatsveearts of die plaaslike dieregesondheidtegnikus in te lig. Inligting oor plaagdoder moet geraadpleeg word voordat diere in behandelde areas toegelaat word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief