Brekende Nuus
Afrikaans

Uitleweringsaansoek ingedien vir AKA-moordverdagtes in Eswatini

Die twee verdagtes sal môre weer in die Manzini-landdroshof verskyn.

Uitlewerinsaansoek ingedien vir AKA-moordverdagtes in Eswatini

fotokrediet: Skermgreep
Uitlewerinsaansoek ingedien vir AKA-moordverdagtes in Eswatini fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Nog ’n AKA-verdagte beweer hy is deur polisie aangerand

ESWATINI. – Die departement van korrektiewe dienste het die uitleweringsaansoek vir die AKA-moordverdagtes in Eswatini goedgekeur en ingedien.

Siyabonga en Malusi Ndimande is verlede maand in Eswatini in hegtenis geneem vir moorde in Durban gepleeg. Hulle word ook verbind aan die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane.

Die twee verdagtes sal môre weer in die Manzini-landdroshof verskyn.

’n Durbanse landdros wat die borgaansoeke van die vyf ander verdagtes hanteer, het beslis hy gaan nie kyk na die aanklagtes van die Ndimande-broers nie. Hy het gesê dit is nie relevant tot die saak nie, aangesien hulle nog in Eswatini is.

Bronne: Jacaranda FM, eNCA, IOL

Lees ook: Nog ’n AKA-verdagte beweer hy is deur polisie aangerand